Kommunikasie kan gerig word aan: Die
Hoofuitvoerende Beampte, Vryheid 2000, Posbus
562, Kengray, Republiek van Suid Afrika.

DIE
DOEL
Die Afrikanerbond
(Broederbond), KP , NP, VF en ander AFRIKANER
liggame wat aan die verkiesings volgende jaar
gaan deelneem, het bymekaar gekom om n
liggaam te stig, en hulle gaan later vanjaar
n skadu Afrikaner Kabinet saamstel. Ons wil
graag daarop wys dat sommige van hierdie
organisasies veelrassigheid voorstaan. Hulle doel
is ook om in die 1999 verkiesings vir hulle
voorbokke soveel plekke as moontlik op die
Mandela soustrein te probeer bekom.
Die deelname van
die bont, geheime Afrikanerbond (Broederbond) is
veral belangrik, want dit is hierdie
organisasie wat die voortou geneem het met die
uitverkoping van die blankes in ons land. Dit was
die gesiglose Broederbond organisasie, in
samewerking met die verraderlike Nasionale Party
en die ANC/SAKP wat die uitverkoping van die
niksvermoedende blankes aan die Kommunisties
beheerde African National Congress bewerkstellig
het.
Die Konserwatiewe
Party, wat nou met hierdie organisasies saamwerk,
het hulself alreeds van een van die belangrike
Boervolk bewegings gedistansieer. Dit was Nelson
Mandela, met die leier van die Konserwatiewe
Party wat langs hom staan op TV, wat
hierdie belangrike beleidsverandering namens die
KP gemaak het. Daar kan net gespekuleer word oor
watter ander ooreenkomste daar tussen die KP
leierskap en die ANC/SAKP bestaan.
Dit was reeds die
Vryheidsfront wat die blankes verdeel het en dit
het verhoed, dat daar enige blanke verset teen
die Kommunistiese oorname van ons land was. Die
leier van die Vryheidsfront het onlangs gesê dat
n vennootskap met die Kommunistiese ANC
iets vir die toekoms is.
Ongelukkig het nie
een van die Boervolk organisasies teen die gevare
van hierdie verwikkelinge gewaarsku nie. Fred
Rundle het hom ten sterkste teen hierdie
gevaarlike verwikkelinge in die openbaar
uitgespreek. Dit het hom laat besef dat die
verskillende Boervolk organisasies uit een mond
sal moet praat as ons wil oorleef teen hierdie
aanslag wat nou vanaf binne ons eie
Afrikaanssprekende gemeenskap teen ons gevoer
word.
Vryheid 2000 het
juis tot stand gekom om hierdie wanbalans uit te
skakel. Ons sal ons nie inmeng met die beleid van
ons Boervolk organisasies nie, maar sal slegs as
mondstuk optree waar dit in belang van die
Boervolk is, asook in belang van die ander
blankes wat met ons identifiseer en ons saak
steun. Vryheid 2000 sal ook gladnie inmeng met
die verskillende Christelike Godsdienstige
oortuigings van ons organisasies en indiwidue
nie.
Affiliasie
by Vryheid 2000 sal voorlopig gratis wees. Al die
werk wat ons amptenare verrig is vrywillig en
sonder vergoeding. Sodra daar bewys kan word wat
bereik is, sal 'n minimale ledegeld moontlik
gehef word, om onkoste te dek.
Vryheid 2000 sal
op versoek as gratis raadgewers optree vir enige
BOERVOLK organisasie wat geaffilieër is. Hierdie
diens sluit in bystand met die uitreiking van
goedgekeurde media vrystellings en onderhoude.
Soos wat spasie beskikbaar is, sal goedgekeurde
berigte en artikels van geaffilieërde
organisasies en lede gratis geplaas
word.
Namens Vryheid 2000
Uitvoerende Raad.
|